Voorwaardes
- Inleiding
Welkom by www.skoppelmaai.co.za. Hierdie Voorwaardes is ‘n uiteensetting van die reëls en regulasies vir die gebruik van die Skoppelmaai Boeke Webwerf, wat geleë is te www.skoppelmaai.co.za/shop. Deur toegang te verkry na hierdie webwerf aanvaar jy die voorwaardes daarvan ten volle. Moet nie voortgaan om die Skoppelmaai Boeke webwerf te gebruik indien jy nie die voorwaardes op hierdie bladsy aanvaar nie.
- Algemene Voorwaardes
Deur ‘n bestelling te plaas bevestig jy dat jy boeke vanaf ons adres in Rustenburg, Suid-Afrika, bestel en dat die afleweringsadres binne in Suid Afrika is. Bestellings bedoel vir internasionale aflewering word nie direk deur Skoppelmaai se webwerf gedien nie en sal dus nie vervul word nie. Vir internasionale bestellings stel ons voor dat jy gebruik maak van Amazon of ander internasionale boekwinkels.
- Afleweringsbeleid
3.1 Afleweringsarea
Ons stuur slegs fisiese boeke na klante binne in Suid-Afrika. Ons afleweringsmetode is Postnet2Postnet. Vir hierdie rede versoek ons dat klante die naam van hul gekose PostNet tak by hul bestelling insluit.
3.2 Afleweringsskedule
Bestellings word gewoonlik binne 2-7 besigheidsdae geproseseer. Afleweringstye binne Suid-Afrika kan wissel afhangend van afstande, maar neem gewoonlik nie meer as 5-7 besigheidsdae nie.
3.3 Afleweringskostes
Afleweringskostes is R125 per bestelling, ongeag van die hoeveelheid boeke wat bestel word.
- Terugstuur van boeke en Terugbetalings
4.1 Beleid in verband met die terugstuur van boeke
Jy het die reg om boek(e) na ons terug te stuur binne 7 dae vanaf ontvangs, mits die boek(e) nog in aanvanklike nuwe kondisie is. Klante neem verantwoordelikheid vir alle kostes wat gepaard gaan met die terugstuur van boeke.
4.2 Terugbetalings
Per ontvangs van teruggestuurde boek(e), veronderstellend dat die boek(e) in perfekte kondisie is om herverkoop te word, word ‘n terugbetaling vir die koste van die boek(e) uitgereik. Laat asseblief 14 dae toe vir die terugbetaling om geproseseer te word.
- Betalingsvoorwaardes
Alle transaksies word in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR) verwerk. Skoppelmaai aanvaar debiet- en kredietkaarte vanaf alle geakkrediteerde banke. Alle betalings word veilig verwerk deur Peach Payments (www.peachpayments.com), een van Suid-Afrika se grootse aanlyn betaalpoorte.
- Privaatheidsbeleid
By Skoppelmaai stel ons jou privaatheid op prys. Ons sal slegs jou persoonlike informasie gebruik om jou te kontak in verband met jou bestelling en/of aflewering van boeke. Ons stoor nie jou betalingsinformasie nie en het op geen stadium toegang daartoe nie. Alle betalingsinformasie word deur Peach Payments (www.peachpayments.com) gestoor en verwerk.
- Verandering van Voorwaardes
Skoppelmaai reserveer die reg om enige tyd veranderings aan die voorwaardes te maak. Veranderings sal op hierdie bladsy aangekondig word. Dit is jou verantwoordelikheid om hierdie bladsy gereeld te besoek om opgedatteerde inligting te ontvangen.
- Kontak ons
Indien jy enige vrae het aangaande ons Voorwaardes, kontak ons gerus by boeke@skoppelmaai.co.za.
- Toepaslike wet
Hierdie voorwaardes word toegepas onder die wette van Suid-Afrika. Deur hierdie voorwaardes te aanvaar onderwerp jy jouself onherroeplik aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe in Suid-Afrika.
