Eerste Boeke

My Eerste A-Z Afrikaanse Soogdiere is ‘n eerste alfabet klankboek vir kinders van 0-3 jaar. Propvol pragprente van ons mees geliefde soogdiere. Hierdie boek is ideaal om die jongspan se woordeskat te bou.

My Eerste A-Z Afrikaanse Voëls is ‘n eerste alfabet klankboek vir kinders van 0-3 jaar. Propvol pragprente van ons mees geliefde voëls. Hierdie boek is ideaal om die jongspan se woordeskat te bou.

My Eerste Afrikaanse Boek van Kleure en Drake is ‘n eerste leesboek wat jong lesers se liefde vir kleur en die fantasie-wêreld ontgin en sodoende woordeskat, selfvertroue en leesgenot uitbou en ontwikkel. Met pragprente wat gepaard gaan met kort sinne en groot, kleurvolle letters wat maklik lees! Elke sin word sistematies opgebou sodat jong lesers vertroud kan raak met hoe woorde lyk en klink en dit dan kan onthou. Hierdie boek het baie bladsye sodat jong lesers genoeg oefening kry voordat hul aanbeweeg na moeiliker materiaal. Ideaal as ‘n eerste lees- en klankboek, maar selfs kleuters kan die boek gebruik om kleure en woordeskat aan te leer.

My 100 Gunsteling Afrikaanse woorde is saamgestel ter viering van Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal in Suid-Afrika. Die boek sluit van ons lekkerste woorde in soos “naaldekoker, pantoffels, donsies, ietermagô” en vele meer. Die boek wy ook ‘n spesiale dubbelblad toe aan Afrikaans se eeufees en is gevul met kleur-illustrasies van elke gekose woord. Perfek om woordeskat en woordherkenning te ontwikkel!
Die boek is geskik vir kleuters en grondfase lesers.

‘n Kat se eerste sin is ’n speelse leesboek vir beginners wat hul eerste sinne aanpak. Elke sin word ondersteun deur ’n gepaste illustrasie wat die betekenis vasvang en ekstra konteks gee.
Met sy eenvoudige, prettige styl lees “‘n Kat se eerste sin” só maklik, dat selfs ’n kat daarmee sou kon leer lees!
“‘n Kat se eerste sin” is gepas vir 4-7 jariges en nuwe lesers van alle ouderdomme.
Rymboeke

Dis koel hier in die groenteboord
waar die klam grond ons omvou.
Kom lees saam oor ons, woord vir woord,
hoe ons ryp word net vir jou!
Die Groentetuin is ’n jong kind se eerste kennismaking met groente en waar hulle vandaan kom. Kom ontmoet elke groente in sy eie hoekie van die groentetuin en word geïnspireer om van al die kleure te eet, want die groente in “Die Groentetuin” wil net kleurvol, geurig en gesond wees vir wanneer hulle gepluk word. Propvol kleurvolle illustrasies van geurige groentes, “Die Groentetuin” kan enige kind opgewonde maak oor groente!

Dis nagtyd in Kabouterland
en Kriekie speel kitaar.
Kom lees saam wat in die nag gebeur
wanneer die diere saam baljaar!
Nagtyd in Kabouterland is ‘n avontuur reis vir jong kinders en beginner-lesers na die fantasietuin van hul verbeelding. Hier maak hulle kennis met groot en klein uit die diereryk wat gewoonlik in die nag aktief is. Pragtige volkleur illustrasies vergesel elke karakter. Hierdie boek is perfek vir slaaptyd.

It’s nightfall in Gnome’s Fairyland Garden.
Cricket brought his guitar and he’s ready to play.
Come and see what the animals get up to
when they attend the Fairyland soiree!
A Fairyland Soiree is a young child’s first venture into the forest at night. In the Fairyland Garden there are both mythical and real characters to meet. This book is a wonderful way for children to discover that nature is booming with sound at night and to encourage curiosity about the creatures and critters that are most active at night as well as about the sounds they make. A great addition to a first-reader’s library.

’n Padda het die fee-prins beet.
Met mag en krag wil hy hom vreet.
Die feë-krygers moet nou net keer
dat die ergste met die prins gebeur.
Die Padda het ’n ander plan:
hy sal vreet net wat hy wil en kan
maar een fee het hy onderskat
en nou sal hy sy straf moet vat.
‘Onheil in Kabouterland’ is ‘n feëverhaal vir kleuters en lesers in die grondfase. Die boek het groot letters wat maklik lees en woorde wat help om woordeskat te ontwikkel. Ma en/of pa kan hierdie een saam met die kleingoed geniet! Met pragprente wat elke teks vergesel. Geskik vir 2-9 jaar.
Hierdie boek is ‘n suster-uitgawe vir ‘Nagfees in Kabouterland’ deur Ansie van Deventer, maar kan as alleenstaande titel gelees word.

Jannie het ‘n aap gesteel
want hy wou baie graag net speel
hy wou nie werk of vroeg opstaan
hy wou nie leer of skool toe gaan
maar voor slim Jannie hom kon kry
was sy aap nog slimmer selfs as hy!
‘Jannie het ‘n aap gesteel’ is ‘n lekkerlees rymboek vir jong lesers in die grondslagfase. Die boek het groot letters en eenvoudige rym wat maklik is om te verstaan en onthou. Met mooi volkleur prente wat die visuele brein aanmoedig op elke bladsy. Die boek is geskik vir luisteraars vanaf drie jaar en lesers vanaf sewe jaar en ouer.

Bonna hoor boer Jan is genoop
om van die diere op die plaas te verkoop
want reën was skaars en voer is duur
en dit is al die laaste uur.
Bonna, hartseer en bewoë,
sien sy vriende voor sy geestesoë.
Hy het alreeds begin om te treur,
maar wie weet wat gaan môre gebeur?
‘n Heerlike kennismaking met plaasdiere! Bonna en die plaasdiere meng prosa en poësie en maak dit toeganklik vir jonger kinders. Kleur illustrasies vergesel elke teksblad en die boek is geskik vir ‘n wye ouderdomsgroep, van kleuters tot in die grondslag fase.
Storieboeke

Wanneer ‘n meerkat op soek is na die perfekte veilige tuiste
bevind hy homself onverwags in ‘n tameletjie.
Volg Sarel Meerkat se eerste avontuur tot diep in die hartjie van die Karoo. ‘n Sprokie vir kinders wat lief is vir ons unieke Suid Afrikaanse natuur. Hierdie is ook die perfekte geskenk vir ‘n kind wat vêr is van sy/haar land en mense.
Die boek is geskik vir luisteraars van alle ouderdomme en vir lesers vanaf 7 jaar en ouer.

Stoute Sarel ervaar allerhande nuwe dinge saam met
Ouma Gesie wanneer sy haar verjaardag vier.
Volg Sarel Meerkat se tweede avontuur diep in die hartjie van die Karoo. ‘n Sprokie vir kinders wat lief is vir ons unieke Suid Afrikaanse natuur. Hierdie boek is ook die perfekte geskenk vir ‘n kind wat vêr is van sy/haar land en mense.
Die boek is geskik vir luisteraars van alle ouderdomme en vir lesers vanaf 7 jaar en ouer.

Wanneer Ouma Gesie onverwags moet weggaan
bly Sarel alleen op die plaas agter.
Volg Sarel Meerkat se derde avontuur diep in die hartjie van die Karoo. ‘n Sprokie vir kinders wat lief is vir ons unieke Suid Afrikaanse natuur. Hierdie is ook die perfekte geskenk vir ‘n kind wat vêr is van sy/haar land en mense. Die boek is geskik vir luisteraars van alle ouderdomme en vir lesers vanaf 7 jaar en ouer.

Wanneer Stoute Sarel se familie groter word
moet hy sy rol as beskermheer vol staan.
Volg Sarel Meerkat se vierde avontuur diep in die hartjie van die Karoo. ‘n Sprokie vir kinders wat lief is vir ons unieke Suid Afrikaanse natuur. Hierdie is ook die perfekte geskenk vir ‘n kind wat vêr is van sy/haar land en mense. Die boek is geskik vir luisteraars van alle ouderdomme en vir lesers vanaf 7 jaar en ouer.
Dagboeke en Aandagtigheidsinkleurboeke

Wanneer Stoute Sarel die kleingoed rustig moet maak wens hy hy kon vir hulle ‘n aandagtigheidsinkleurboek gee. Hy het al gesien hoe lekker Jana en Kwikkie inkleur en ontspan na ‘n dag van skoppelmaai en hopgalop.
Herleef Sarel se grootste oomblikke of maak jou eie stories en rympies wat by die lekker inkleurprente pas.

“Aangename kennis, my naam is…..
Hierdie boek gaan oor my. Waarvan ek hou, hoeveel tande ek al aan die muis verkoop het en selfs die ergste ding wat nog ooit met my gebeur het… tot nou toe. As jy meer oor my wil weet, maak maar net hierdie boek oop en lees.”
Aangename kennis, my naam is…” is ‘n kind se eerste joernaal waarin huidige lewenservarings, gevoelens, stokperdjies en meer vasgevang word. Propvol kreatiewe vrae om ‘n kind te help om sy persoonlikheid op die blad vas te vang. Daar is genoeg plek vir fotos en prente en vele maniere om die boek persoonlik en uniek te maak. ‘n Wonderlike boek om jou kind se grootword jaar vir jaar vas te vang, of as geskenk te gee aan familie en vriende.

Kan jy raai watse goeters skuil in hierdie grillerige boek?
Goeters wat in die nag uitkom. Goeters wat grom. Goeters wat jou laat bewe. Goeters wat om jou huis saamdrom.
Grillerige Goeters is ‘n raaisel- en aktiwiteitsboek vir kinders in die grondslagfase. Die boek het lekker grillerige raaisels, inkleurprente en aktiwiteite om die jongspan besig te hou, en genoeg plek vir eie kreatiwiteit en ontdekking. Perfek vir kinders wat hou van spoke, vampiere en weerwolwe. Nie te rof vir die kleingoed nie, hierdie boek bevat (net) eenkeer die woord bloed, maar daar is meer as een monster onder die bed.
13 jaar en ouer

As the pupils of St. Joseph’s Academy for Boys stream through the gate towards the chapel for assembly, there is one who remains behind. He is named after a saint, but everyone at St. Joseph’s knows there is nothing saintly about this boy.

Chris Claussen is an arrogant jerk, and if he’s not stopped, he will soon kill all the deer in Snow Falls. That is why Carol agrees to help him learn the ways of the deermaster, something which he has mostly had to figure out by himself thus far. But using certain kinds of magic before Christmas Eve is forbidden, and if she chooses to do so, Carol will endanger the lives of everyone in Snow Falls, not to mention herself. The only problem is, if she doesn’t help Chris… Christmas might never happen again.
Volg ons op Amazon
Wees eerste om in kennis gestel te word van ons nuwe publikasies!
Boekverkopers









